Homepage
About Ud
About Ud
Photo Gallery
fasfacts jingle
FASfacts Brochure
Brain Damage
Downloads
News and Articles
FAS Information
FAS Facts
FAS Links
Afrikaans
Donations
Contact Us
Our donors
books
dvd
Copyright
feet

news

Skinstad kom skoene uitdeel

#

BOB SKINSTAD, voormalige Springbok-rugbykaptein en sportkommentator wat die Wes-Kaap aan die gons het met sy liefdadigheidsveldtog, sal dié Saterdag op Worces­ter wees vir opheffingswerk onder kinders.

Skinstad sal, as deel van die Bobsforgood-stigting se Walk this Way-projek, van 11:30 af op Kerkplein te sien wees waar hy en ’n span helpers ’n rugbykliniek aan 400 gr. 6-, 7- en 8-leerders van plaaslike skole sal aanbied.

Daarna sal daar aan elkeen van hierdie leerders ’n paar skoolskoene oorhandig word.
Skinstad het onlangs die Bobsforgood­-stigting saam met ’n vriend mnr. Ron Rutland gestig.

Die doel van dié stigting is om skoolskoene aan die sowat sewe miljoen leerders in die Wes-Kaap wat nie skoene het nie, te verskaf.

Skinstad het verlede week die provinsie aan die praat gekry toe hy kamma in hegtenis geneem is en ’n week in ’n “sel” by die V&A Waterfront in Kaapstad deurgebring het in ’n poging om geld in te samel.

Saterdag se geleentheid word gereël in samewerking met die organisasie FASfacts, wat bewusmakings- en voorkomingswerk oor fetale alkoholsindroom doen. Die geleentheid sal dan ook gebruik word om die publiek daarvan bewus te maak dat ’n vrou géén alkohol moet drink terwyl sy swanger is nie.

Lede van die publiek word uitgenooi om te kom deel in die 400 kinders se vreugde – en moontlik Bobby se handtekening te ontvang.

Gepubliseer deur Worcester Standard, 25 Februarie 2010
Artikel deur Laurentia Robertson