![]() |
||||||||||||||||||||||||
|
Haar hand in geel verf was onlangs die premier van die Wes-Kaap se belofte dat sy FASfacts ondersteun. Me. Lynne Brown was die hoofspreker tydens ‘n funksie van FASfacts, ‘n plaaslike organisasie wat Fetale Alkohol Sindroom (FAS)-voorkomingsprogramme in gemeenskappe doen. ‘n Impakstudie, wat gedoen is deur die uitvoerende hoof van Rural Out¬reach and Development Services (’n konsultant wat sosiale projekte evalueer), dr. Frans Kotzé, het aangedui dat 98% van die respondente geweet het wat FAS is en 82% van hulle het gesê hulle weet dit danksy FASfacts. Die doel van die studie was om te bepaal wat die impak van FASfacts se FAS-voorkomingsprogramme in gemeenskappe het. Die studie is onder gr. 6-, 7-, 10- en 11-leerders, plaaswerkers en sjebien eienaars gedoen, op wie FASfacts fokus. “Hierdie hele funksie het ons net weer geïnspireer en laat besef hoe hard ons nog moet werk,” het die projekbestuurder van FASfacts, mnr. Jan Labuschagne, later aan die Standard gesê. Brown het tydens die funksie gesê dat FAS nie net nog ’n probleem is nie. Sy het gesê dat die provinsie oor baie dinge trots kan wees, maar dat kinders reeds in gevaar is vóór geboorte as gevolg van ma’s wat drank gebruik. “FASfacts speel só ’n belangrike rol in die gemeenskap om bewusmaking te skep, maar ook in die plaaslike en nasionale regering,” het Brown gesê. Sy het beklemtoon dat FASfacts almal se hulp nodig het – soos die studie ook aandui. Gevolglik het Brown ’n “Beste Opgepaste Baba”, BOB-kontrak geteken deur haar hand in geel verf af te druk. Sodoende het sy haar steun aan die organisasie beloof en dat sy streef na ’n toekoms sonder FAS. Sy het hulle namens die regering bedank vir die werk wat hulle doen. Sandra Maritz – Worcester Standard |
|||||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||||||
Homepage | About us | FASfacts RAPs | Donations | FAS Information | Photo Gallery | News & Articles | Afrikaans | FAS Links | Books | DVD Downloads | Brochure | Brain Damage | FAS Facts | Our Donors | Contact us | Copyright |
||||||||||||||||||||||||