info@FASfacts.org.zaHead Office: +27 23 342 7000

Article View

Categories

View Detail

Ma’s beskerm babas en bly weg van drank

13 (43%) van die 30 swanger vroue wat aan die projek deelgeneem het tydens hul swangerskap ophou drink 


In ’n loodsprojek van FASfacts wat verlede jaar in Roodewal afgeskop het, het 13 (43%) van die 30 swanger vroue wat aan die projek deelgeneem het tydens hul swangerskap ophou drink.

Vanjaar is ’n soortgelyke projek onder 36 swanger vroue, ook van Roodewal, begin.

Francois Grobbelaar, hoof- uitvoerende beampte van FASfacts, het aan die Standard verduidelik dat daar swanger vroue op Worcester is wat beslis gedurende hul swangerskap aanhou drink.

“Ons is baie bly dat die eerste projek wel baie goeie resultate tot gevolg gehad het. Daarom glo ons dat die huidige projek ook suksesvol sal wees,” het hy gesê.

Die doel van die projek is om die voorkoms van fetale alkoholsindroom te verminder.

Altesaam 36 swanger vroue wat alkohol gebruik en 18 mentors is by die huidige projek betrokke.

Een mentor is verantwoordelik om ’n pad saam met twee swanger vroue te stap om hulle te help om alkohol heeltemal tydens hul swangerskap uit te skakel, asook terwyl hulle hul babas borsvoed.

Volgens hom verskaf die mentors die inligting aan die swanger vroue, maar hulle moet ook sorg dat die vroue dit in die praktyk toepas.

Die mentors wat in Roodewal is, is deur FASfacts in fetale alkoholsindroom-programme opgelei. Hulle bied nie net ondersteuning aan die swanger vroue nie, maar ook aan die gesin.

Grobbelaar het verduidelik as FASfacts meer geld kan ontvang, sal die positiewe projekte na ander gemeenskappe van Worcester uitgebrei kan word.

“Ons wil graag hierdie projek in Avianpark van stapel stuur. Ons het agtergekom daar is ook ’n groot probleem van tienerswangerskap. Ons wil hierdie uitdaging ook aanspreek,” het Grobbelaar gesê.

  • "A new baby is like the beginning of all things - wonder, hope, a dream of possibilities.” ―Eda J. Le Shan

  • “Drinking during pregnancy is linked with disaster – personal disaster for the ‘bright-eyed ones,’ disaster for their families and their hope for their young, and disaster for . . . society as we struggle to pay the huge price of this destruction.” - Prof. Ann Streissguth, Ph.D.

  • "If you're pregnant, don't drink. If you drink, don't get pregnant" - Eva Carner

  • "Every day is FASD Awareness day" - Teresa Kellerman (www.babybornfree.com)